Local newsNews

Wen R10 000 met jou braai vernuf

Die wenner van die braai kompetisie gaan R10 000 in sy of haar sak kan druk.

‘n Gratis Meat World Musiekfees word op 17 Desember by Meat World, Springs, vanaf 10:00 aangebied met kunstenaars Saarkie West, Riaan van Rensburg (van Noot vir Noot-faam), Alwyn Oberholster en Patrick Shabangu.

Die Oos-Rand (Ekurhuleni) se braaikoning sal ook op die dag ‘n kans staan om R10 000 in die sak te steek.

Kan jy jouself as ‘n braaimeester beskou, vra die familie en vriende altyd vir jou om te braai of is jy die braaier wat almal se vleis moet braai by ‘n bring-en-braai? Dan is jy die regte persoon om in te skryf. Vyf finalise sal na aanleiding van die inskrywings gekies word.

Al die besonderhede om in te skryf verskyn by www.meatworld.co.za of op Meat World se Facebook-blad.

Die vyf finaliste gaan hulle eie vure moet maak, die vleis marineer en vir vier ure braai.


LEES OOK: Sing along to Christmas Carols


Meat World verskaf die vleis en die finaliste gaan ook die geleentheid gebied word om vir vyf minute in die Meat World Springs se slaghuis alles te kies wat hulle gaan nodig hê om as braaikoning gekroon te kan word.

Die wenner van die kompetisie wen kontant ter waarde van R10 000. Die vier naaswenners wen elkeen R1 000 se vleis met die komplimente van Meat World Springs.

Vir meer inligting, skakel Monica Booysen by 011 815 3000 stuur ‘n e-pos aan info@redpenmarketing.co.za

Daar word ook ‘n kuns- en vlooimark vir die dag beplan. Indien jy belangstel om ‘n stalletjie te bespreek, skakel 083 254 7293 of 011 815 3000. Jy kan ook ‘n e-pos stuur aan info@lefra.com

Meat World Springs is geleë by die Springs Nasionale Varsproduktemark te Paul Kruger Hoofweg.

LEES OOK: Making healthy lifestyles a priority




Follow UsFacebookTwitterInstagram

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button