Local newsLocal sportNews

Solidariteit se gholfdag is om die draai, skryf gou in

Die gholfdag vind Donderdag (17 November) by die State Mines Country Klub in Brakpan plaas.

Dit is nog nie te laat om in te skryf vir ‘n gholfdag wat Donderdag (17 November) aangebied word deur Solidariteit Helpende Hand ten bate van die Oos-Randse takke.

Die dag beloof om een uit die boonste rakke te wees met Morgan Beatbox wat ook teenwoordig gaan wees.

Die prys van ‘n vierbal beloop R3 500 wat geskenkpakke, karretjies, halfweghuis, prysuitdeling, aandete, ‘n vertoning deur Morgan Beatbox en ‘n veiling insluit.

Alle fondse wat op die dag ingesamel word sal aangewend word ter stuiwing van Solidariteit Helpende Hand se Oos-Rand takke om armoede in die gemeenskappe te verlig.

Die gholfdag vind op 17 November by die State Mines Country Klub in Brakpan plaas.

Die skootklap afslaan is om 11:00.

Belangstellendes kan nou reeds bespreek deur vir Mariolette Vorster by 078 523 2705 of vir Charmanay de Klerk by 062 696 3070 te kontak.



LEES OOK: Popular marathon date confirmed

LEES OOK: Be the reason someone is home for the holidays by donating blood

Related Articles

Back to top button