Besigheidsman sien uit na nuwe hoofstuk

Johan het vir sewe dae ‘n week vir sewe jaar lank wind, weer, koue, stof en stank trotseer.

Na 34 jaar in die herwinningsbedryf het Johan Combrinck, eienaar van Computer Scrap Recycling, besluit om die herwinningstuig neer te lê.

Die bestuur van die besigheid is vanaf 1 Oktober aan nuwe eienaars oorhandig.

Johan het sy besigheid in 1988 begin met ‘n sewe jaar kontrak by die Brakpan munisipale stortingsterrein waar plastiek, papier, karton, glas en metaal herwin was.

Gedurende die periode het hy ook die slegte ondervinding beleef deur twee lykies van babas in swartsakke op die terrein te vind.

“Ek het vir sewe dae ’n week vir sewe jaar lank wind, weer, koue, stof en stank trotseer,” het Johan vertel.

In 2010 het Johan ’n perseel in Brenthurst bekom, waar die publiek en besighede hul elektroniese en elektriese produkte (E-waste) kon bring.

In 2011 het hy die besigheid verskuif na ’n perseel in Brakpan-sentraal, waar hy E-waste herwinning gedoen het tot die oordrag van die besigheid.

“Ek het deur die jare baie oudhede bekom en ek gaan my nou toespits op die koop en verkoop van oudhede,” het Johan oor die nuwe hoofstuk in sy lewe gesê.

Johan vertel dat hy oor die jare met soveel kliënte te doen gehad en so baie persoonlike stories aangehoor het van hoe mense sukkel om ‘n bestaan te maak.


LEES OOK: Election of Ekurhuleni mayor halted by another week


“My les wat ek oor die jare geleer het was om nie mense op hulle uiterlike voorkoms te takseer nie, al lyk hulle hoe sleg.

“Baie van hulle het nog steeds hulle menswaardigheid behou al was hulle omstandighede hoe sleg en dit was ’n voorreg om hierdie mense ook op die manier te kon help.”

Computer Scrap Recycling gaan nog voort soos normaalweg.

Exit mobile version