Local newsNews

Kolwyntjies bring hoop vir kinders met kanker

Besoekers aan die Mall@Carnival het Saterdagoggend vasgesteek by lang rye tafels waarop honderde vrolik versierde kolwyntjies te koop aangebied is. Die Cupcakes of Hope-span was op hul pos om kolwyntjies te verkoop om sodoende geld in te samel vir kinders met kanker. Die inisiatief word jaarliks deur die Cupcakes of Hope-organisasie aangebied. Fondse wat deur

Besoekers aan die Mall@Carnival het Saterdagoggend vasgesteek by lang rye tafels waarop honderde vrolik versierde kolwyntjies te koop aangebied is.

Die Cupcakes of Hope-span was op hul pos om kolwyntjies te verkoop om sodoende geld in te samel vir kinders met kanker. Die inisiatief word jaarliks deur die Cupcakes of Hope-organisasie aangebied.

Fondse wat deur middel van die projek ingesamel word, word aangewend om kanker pasiënte en hul families te ondersteun deur onder andere hospitaalrekeninge te betaal, kos te koop en vervoer te verskaf.

Oud en jonk het dit moeilik gevind om verby die kleurvolle kolwyntjies te stap sonder om hand in die sak te steek en een of meer te koop.


LEES OOK: This is how you can avoid being scammed for gift cards


Die Brakpan-koördineerder, Elize Pienaar het almal, wat op een of ander wyse bygedra het tot die sukses van die dag, bedank.

Sy het veral groot lof vir Sonja Pienaar en Daniella Swart gehad wat jaarliks tot 1 000 kolwyntjies bak en versier.

“Daar was ook vele ander individue, besighede asook Laerskool Baanbreker wat kolwyntjies gebak het of hulp op ‘n ander wyse verleen het.

“As dit nie vir hierdie mense is nie sou dit nie moontlik gewees het om van die dag ‘n sukses te maak nie. Dit beteken soveel om te weet dat daar nog mense is wat hul tyd sal opoffer vir ‘n goeie doel,” het Elize gesê.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button