Local newsNews

Sentrum hou dagmark

Besoekers kan ook die musiek van ‘n orkes geniet.

Die nuutverkose raad van die Eric Holdtman Dienssentrum nooi die publiek uit na ‘n dagmark wat op 1 Oktober by die dienssentrum plaasvind.

Eetgoed soos pannekoek, boereworsrolle, kerrie en rys, vetkoek en maalvleis en hamburgers sal teen baie billike pryse te koop wees.

‘n Orkes sal ook gedurende die dag vir vermaak sorg.

Die fondse wat ingesamel word is ten bate van die dienssentrum.

Die publiek kan ook stalletjies bespreek om goedere uit te stal en te verkoop.

Die mark sal om 09:00 afskop en tot 18:00 duur.

Die dienssentrum is op die hoek van Voortrekkerweg en Warderersstraat geleë.

Persone wat stalletjies wil bespreek kan Dolly Grobbelaar kontak by 01 740 9565.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button