Carla is wêreldkampioen!

Na afloop van dié kampioenskappe het sy 14 medaljes in haar sak gesteek.

Die briljante Carla Schönfeldt se droom is bewaarheid toe sy verlede week by die Wêreldkampioenskappe vir Uitvoerende Kunste aangewys is as die Grand Champion of the World in die Junior Acting afdeling.

Dié talentvolle 14-jarige van Sunair Park het op 18 Julie na Los Angeles vertrek om haar talente daar te gaan wys en teen die wêreld se bestes mee te ding.

Die wêreldkampioenskappe het vanaf 22 tot 30 Julie in Anaheim plaasgevind. Tydens dié kampioenskappe het Carla teen 66 ander lande meegeding.

Na afloop van dié kampioenskappe het sy 14 medaljes in haar sak gesteek nadat sy aan ‘n totaal van 17 items deelgeneem het.


LEES OOK: Beware of driving licence scam


Sy het 11 dramastukke uitgevoer en het 10 medaljes verower, waarvan vier goud en ses silwer was.
Vir haar dansitems het sy een silwer en twee brons medaljes ontvang.

Verder het sy ook medaljes ontvang vir haar solo acting classical, solo-TV acting, solo acting open en spokes model.

Carla en haar ma, Lelani Potgieter, keer vandag (Woensdag) na Suid-Afrika terug.

Hou volgende week se koerant dop vir ‘n volledige onderhoud met Carla.

Exit mobile version