Ringbal in dié vier se bloed

Die Suid-Afrikaanse ringbaltoenooi sal later vanjaar afskop.

Vier leerders van die Laerskool Brakpan-Oos is onlangs vir die Ekurhuleni-Oos Ringbalspan gekies.

Die leerders is nie net almal in dieselfde skool nie en speel nie net almal vir dieselfde ringbalklub nie, maar is ook familie.

Leoline Schoeman, Zanelle, Nythin en Justin Marcus is niggies en nefies. Hierdie dinamiese jong ringbalspelers behoort aan die Brakpan Ringbalklub.


LEES OOK: Môrewag kondig top 10 aan


Na verskeie proewe en uitspeelwedstryde is die Ekurhuleni-Oos Ringbalspan op 28 Mei by die Brakpan Ringbalbane aangekondig.

Die Ringbaltoernooi het egter vanaf 3 tot 9 Julie in Pretoria plaasgevind.

Dié span gaan vanjaar Ekurhuleni-Oos by die Suid-Afrikaanse Ringbaltoernooi verteenwoordig. Die 11-jarige Leoline het in 2018 reeds ringbal begin speel.

“Dit hou my fiks en ek ontmoet baie vriende,” het sy aan die Herald vertel.

Leoline vertel ook dat sy daarna uitsien om haar afrigters trots te maak tydens die SA Ringbaltoernooi.

Zanelle (11) is ook vanjaar vir die eerste keer gekies om aan die SA’s deel te neem en speel al van agtjarige ouderdom dié sport.

“Ek sien die meeste daarna uit om saam my span te speel en geskenke van ons spanbestuurder af te kry,” het sy gesê.


LEES OOK: Arend presteer in goed op die sportvelde


Die broers Nythin (11) en Justin (7) is baie opgewonde om beide deel van die SA toernooi te wees.

Nythin het reeds in 2019 met ringbal begin maar Justin het eers vanjaar vir die eerste keer ringbal probeer.

“Ek is baie op gewonde om te speel omdat ek nog nooit SA span gekry het nie,” het Nythin aan die Herald vertel.


LEES OOK: Solidariteit bring Brakpan-tak weer op die been


Sy broer aan die ander kant sien weer daarna uit om nuwe maats tydens die toernooi te maak.

Die vier talentvolle ringbalspelers oefen gewoonlik twee keer per week by die Brakpan Ringbalklub en sal in Augustus saam met die Ekurhuleni-Oos Ringbalspan begin oefen.

Die Suid-Afrikaanse ringbaltoernooi sal op 27 Augustus in die Wes-Rand afskop en die sal die finale wedstryd word op 24 September in Sedibeng speel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version