Local newsNews

Berig oor dieremishandeling mak ‘n impak

Die foto van die hondjies in die draadhok was veral opvallend en die honde lyk heeltemal verwese.

Diereliefhebber skryf per e-pos:

Met verwysing na die berig op die voorblad van 5 Julie (Animals confiscated from home of horrors).

Die berig het my en my vrou ontstel en ek het eers gewonder of dit nodig was om sulke nuus op die voorblad van die koerant te plaas.

Nadat ons ‘n gesprek daaroor gehad het, het ek besef dat dit wel nodig is om ook die tipe nuus en foto’s te deel en daardeur bewusmaking te doen.


LEES OOK: SPCA holds AGM


Ek glo dit het meer baie meer goed as kwaad gedoen.

Ons is diereliefhebbers en as ons kon sou ons baie meer diere gehad het as ons drie honde.

Dit gaan my verstand te bowe dat mense, in die eerste plek, so kan lewe en in die tweede plek, so harteloos kan wees.

Ek wil nie eers dink hoe die huis moet ruik nie. Armoede is een ding maar dit kos nie veel geld om skoon te wees nie.


LEES OOK: Ways to fight off depression and find happiness


Ek en my vrou het groot waardering vir die moeite en die werk wat die DBV doen. Dankie ook aan die persoon wat dit gaan aangemeld het.

Hoe kan jy in ’n huis bly waar daar ’n dooie hondjie lê?

Daardie stomme brakkies in die draadhok lyk heeltemal verwese. Ek hoop dat hulle nou ’n beter lewe sal geniet.

Behalwe die alledaagse take wat die DBV in die gesig staar het hulle dit finansieël ook nie baie rooskleurig nie.

Ons moet almal maar help waar en hoe ons kan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button