Local newsNews

Veerpyltjiespeler is in die kol

Danie en sy span het vroeg in Julie aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe deelgeneem.

Die 62-jarige Danie Binneman van Brakpan-sentraal het vanjaar nie net Gauteng by die nasionale veerpyltjiekampioenskappe verteenwoordig nie, maar ook goud by dié kampioenskap ingepalm.

Danie het in 2013 veerpyltjies as stokperdjie begin beoefen maar toe hy sy oë uitvee het hy by die Ekurhuleni Oos Veerpyltjievereniging aangesluit en kort voor lank aan sy eerste Suid-Afrikaanse Kampioenskappe deelgeneem.

Danie is toe as skakelbeampte van die Ekurhuleni Oos Veerpyltjievereniging gekies waar hy vir ses jaar lank gedien het.

Verlede jaar het hy as skakelbeampte uitgetree en besluit om sy aandag slegs op sy veerpyltjie talent te plaas.


LEES OOK: Organisation invites you to putt for charity


Altesaam13 Ekurhuleni veerpyltjie spanne het vroeër vanjaar teen mekaar gekompeteer waar slegs ses spelers gekies is om deel van die Gauteng span te wees.

“Ek was baie opgewonde om vir die eerste keer Gauteng by die SA’s te verteenwoordig,” het Danie gesê.

Die SA’s het tussen 3 en 9 Julie in Johannesburg plaasgevind. Danie was die enigste veerpyltjiespeler van Ekurhuleni-Oos en het ook die wen wedstryd gespeel.

“Ons het glad nie verwag om te wen nie maar dit was ontsagwekkend!”


LEES OOK: Dalwers gekies vir Nasionale Kinderkoor


Danie oefen tans daagliks ongeveer drie ure tuis, twee keer per week by die klub en speel elke aand tot laat nag aanlyn veerpyltjie wedstryde.

Hy het tans vier stele veerpyltjies maar speel glo meestal met sy Red Dragon Amberjacks stel.

Oor die jare het Danie verskeie titles, medaljes en trofeë gewen maar hy beweer dat die nasionale medalje sy grootste prestasie nog is. “Die was beslis ‘n hoogte punt van my veerpyltjie loopbaan.”

Danie beoog om nog harder te werk met sy oog op volgende jaar sy nasionale kleure te verwerf.


Related Articles

Back to top button