Dorpskomitee is daar vir die gemeenskap

Alhoewel die opkoms by die vergadering nie na wense was nie, is belangrike punte rakende dienslewering aangeraak.

‘n Klein groep inwoners het verlede Donderdagaand die sesde vergadering van die Brakpan Dorpskomitee in Brakpan-Noord bygewoon.

Die groep is in die lewe geroep om druk te plaas op raadslede asook amptenare van die Stad van Ekurhuleni rakende dienslewering.

Twee raadslede van die VF Plus, Riaan van Zyl en Rudolf Herbst asook twee raadslede van die DA, Brandon Pretorius (burgemeesterskomiteelid) en Annette Verster het die vergadering bygewoon om terugvoering te gee oor kwessies wat voorheen deur die komitee aangespreek en nog hangend is.

Nuwe aangeleenthede was ook onder bespreking.


LEES OOK: Dalwers gekies vir Nasionale Kinderkoor


Punte op die agenda waaroor terugvoering gegee is, het ingesluit die kommunikasie en terugvoering van raadslede, ‘n waterlek by die Tweedy Park Kompleks, asook kwessies rakende die Jan Smuts Park en Plastic City, die EMPD, die Brakpan Brandweer, onwettige plakkers by die spoorwegstasie, beveiliging van kragstasies en verwikkelinge by die Eric Holdtman Dienssentrum.

William Douglas, wat op die bestuur van die Dorpskomitee dien, het verduidelik dit ‘n gemeenskap drukgroep is wat nie geaffilieer is aan ‘n politieke party of enige ander organisasie nie.

Hy het die publiek aangemoedig om by die groep aan te sluit.


LEES OOK: AfriForum-buurtwagte hou patrollie om sigbaarheid te bevorder

Exit mobile version