Local newsNews
Poeier spat by fondsinsameling
Die fondsinsameling is gehou om te help met die mediese kostes wat Karlien se ouers maandeliks in die gesig staar.
‘n Prettige “colour-run”, wat Saterdag ten bate van Karlien Roets (6) gehou is, is goed ondersteun.
Karlien se ma, Karen het almal bedank wat die oggend opgedaag het.
Karlien is op 10 Augustus 2018 ernstig beseer toe ‘n kombuiskas op haar geval het. Sy word sedertdien tuis versorg.