Local newsNews

In die kollig

Koos Booyse (50) is sedert 2017 die voorsitter van die Specialist Pigeon Racing Club. Hy woon in Kenleaf saam met sy vrou Nicolize (56), sy seun Ruwan (21), en dogter Mauriche (18).

Koos Booyse (50) is sedert 2017 die voorsitter van die Specialist Pigeon Racing Club. Hy woon in Kenleaf saam met sy vrou Nicolize (56), sy seun Ruwan (21), en dogter Mauriche (18).

Hoe lank is jy al ‘n lid van die Klub?
Ek is al van 2017 lid van die klub maar vlieg duiwe al van 1989 af.

Wat het jou laat besluit om by Specialist Pigeon Racing Club aan te sluit?
Dit was ‘n geleentheid wat opgekom het en ek het dit aangegryp.

Wat behels jou pligte as voorsitter van die klub?
My pligte is om na te sien dat die hantering van ons duiwe so spoedig as moontlike plaasvind wanneer daar gemandjie word. Ek moet ook verseker dat alles vlot verloop en dat die reëls te alle tye nagekom word.

Wat maak dit vir jou so spesiaal om met die voëls te werk?
Om met wedvlugduiwe te werk is nie net ‘n kuns nie maar die liefde wat ons het vir ons duiwe. Ek sê altyd dit is duiwe en nie voëls nie, duiwe vlieg huis toe en voëls vlieg weg.

Sou jy ander aanraai om by die klub aan te sluit, en waarom?
Ja ek sal beslis mense aanmoedig. Ons is bevoorreg om vanjaar vyf beginners te hê wat aangesluit het en ons jongste lid is sewe jaar oud. Die ander een is 12 jaar en om hulle passie vir die duiwe te sien is onbeskryflik.

Sal jy ooit in ‘n ander dorp wil gaan bly?
Ja, ek sal graag in ‘n ander dorp wil gaan bly.

Wat is jou beroep?
Ek het my eie besigheid en dit help party dae om die ekstra tyd wat ek het te spandeer aan die duiwe.

• Kan jy self kos maak en wat geniet jy om te maak?
Ja, ek kan kos maak maar alhoewel nie almal baie lief vir dit wat ek maak nie. Gelukkig is my vrou ‘n bobaas kok.

Hoe sou jy jouself beskryf?
Ek is baie gemaklik met alle mense. Ek spandeer my tyd in my duiwehok sowel as saam met my familie dan kom my Here eerste.

Wat doen jy graag in jou vrye tyd?
In my vrye tyd probeer ek maar die beste wenduiwe teel. Ek het ‘n paar duur duiwe ingebring om eendag ‘n One Loft Race te wen. Dit is maar enige duiweboer se droom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button