Local newsNews

Marno Muller is wakker!

Marno het by sy kleuterskool in Brakpan by ‘n glyplank afgegly het, terwyl die toutjie van sy kappietop verstrengel geraak het.

Marno Muller (5), die seuntjie wat meer as twee weke gelede by sy kleuterskool gewurg het, het uit sy verdowing ontwaak.
Sy ma, Helga Muller het vanmiddag aan die Herald gesê dat sy ongelooflik dankbaar is maar dat daar nog ‘n lang pad voorlê.
“Ek was vanoggend by hom. Ek is nie seker of hy eens bewus was daarvan nie, want hy is nog baie deurmekaar.
“Sy klein lyfie is deur baie sedert die ongeluk wat op 26 Mei plaasgevind het.
“My sussie Nadia Minnie verjaar vandag en sy het gesê dat dit die grootse verjaarsdag geskenk ooit is,” het Helga gesê.
Marno het by sy kleuterskool in Brakpan by ‘n glyplank afgegly het, terwyl die toutjie van sy kappietop verstrengel geraak het.
Dit het stywer om sy nek getrek en daartoe gelei het dat hy verwurg het.
Hy was sedert die ongeluk onder sedasie in die Netcare Garden City Hospitaal.

Related Articles

Back to top button