Local newsNews

Kleuter wat by skool wurg steeds kritiek

Dit is die woorde van Helga Muller (39), ma van die vyf-jarige Marno Muller wat sedert voorverlede Donderdag in ‘n kritieke toestand in die Netcare Garden City Hospitaal in Johannesburg behandel is.

“My kind lewe nog en dit is al wat belangrik is.”

Dit is die woorde van Helga Muller (39), ma van die vyf-jarige Marno Muller wat sedert voorverlede Donderdag in ‘n kritieke toestand in die Netcare Garden City Hospitaal in Johannesburg behandel is.

Dit volg nadat die kind by sy kleuterskool in Brakpan glo by ‘n glyplank afgegly het, terwyl die toutjie van sy kappietop verstrengel geraak het.

Dit het stywer om sy nek getrek en daartoe gelei het dat hy verwurg het.


LEES OOK: Ankers blink uit tydens ATKV se semi-finaal


Helga, wat in Dersley Park woon, het Maandagoggend aan die Advertiser gesê dat haar kind steeds om sy lewe veg.

Sy het vertel dat daar Vrydagmiddag ‘n terugslag was toe Marno se regter long platgeval het.

“Die hospitaal het ons voorberei dat daar terugslae sal wees maar hoe kan ‘n mens jouself ooit voorberei vir so iets?” het Helga gesê.

Volgens haar het Marno ook ‘n virale infeksie opgedoen wat meer druk op sy longe plaas.

“Hy het ook bloedoortappings ontvang,” het Helga gesê.

Sy en Marno se pa, Rudi Muller, besoek hul kind so dikwels as wat hulle kan.

“Wanneer ek nie by my kind kan wees nie is hy al waaraan ek dink. Ons word gedra deur soveel mense wat omgee en daarvoor is ons baie dankbaar,” het Helga gesê.

Kleuterskole in Springs asook besighede en die publiek het reeds hul harte en beursies oopgemaak om te help met die mediese onkostes wat die ouerpaar in die gesig staar.

Maandag het die kleintjies van Trippe Trappe Tone Kleuterskool in Dalview ook meegedoen aan ‘n strikkie-projek wat tans aan die gang is om fondse bymekaar te maak.


LEES OOK: Balaclava-clad robbers make off with copper cables valued at R2m


Die kinders kon blou klere aantrek en blou strikkies teen R5 aankoop.

“Ons is dankbaar vir die bydrae wat ons ouers, en ons as kleuterskool kon lewer,” het Daleen Richter, hoof van Trippe Trappe Trone, gesê.

“Ons bid as skool-familie vir Marno sowel as vir die kleuterskool wat hy bygewoon het en waar die voorval plaasgevind het,” het Richter bygevoeg.


Related Articles

Check Also
Close
Back to top button