Ma en vier seuns benodig hulp na huis afbrand

Die gesin is dakloos met geen besittings gelaat.

‘n 39-jarige ma, wat saam met haar vier seuns in Brakpan-sentraal woon, se blyplek en al hulle besittings is Maandagaand in ‘n brand vernietig.

Die enkel-ma (wat versoek het om anoniem te bly) se seuns is onderskeidelik 19, 17, 15 en sewe jaar oud.

Die vermoede is dat ‘n brandende kers omgeval en die brand veroorsaak het.

“Dit was beurtkrag en daar is nagelaat om die kers te blus,” het die ma gesê.

Toe die gesin, wat uit was, net voor 20:00 by die huis aankom het, het vlamme reeds hul blyplek verswelg.

“Die Wendy-huis het tot op die grond afgebrand en al wat ons het is die klere aan ons lywe,” het die ma aan die Herald gesê.

Die gesin van vyf benodig dringend kos, klere en komberse. Hulle het ook geen meubels oor nie. Mense wat die gesin wil bystaan kan die vrou by 060 681 5807 kontak.


ALSO READ: BEWARE: Housing allocation scam alert!


Exit mobile version