Klein kerkie nou weer oop vir die publiek se gebruik

Die unieke klein kerkie in Withok wat bekend geword het as Liewe Jesus se Kerkie is weer oop vir die publiek.

Die unieke klein kerkie in Withok wat bekend geword het as Liewe Jesus se Kerkie is weer oop vir die publiek.

Die nuwe eienaars van die eiendom waarop die kerkie staan, het onlangs na opknappingswerk ’n opedag gehou.

Die Deo Volente-onthaalkompleks, wat te Withok Estates geleë is, bied ’n unieke vegaderplek vir ’n huwelik.

In 2021 het Hetta (54) en Braam Bruwer (58) die plot gekoop kort nadat hul woning in Brenthurst afgebrand het.

Die egpaar moes inderhaas nuwe blyplek soek en het op Deo Volente afgekom, wat toe te koop was.

“Die ongeluk het ons eintlik gelei na die geluk,” het Hetta gesê.

Nadat die onthaalkompleks se deure jare lank gesluit was, het dit in Augustus heropen nadat Hetta en Braam opknappingswerk gedoen het.

“Ons het baie veranderinge aangebring en mooi gemaak sodat alles tot die bruidspaar se beskikking is wanneer hulle hier aankom,” het Hetta vertel.

Natuurlik is die groot oogvanger op die plot die kerkie. Hetta vertel dat daar op die meeste slegs 10 mense in die kerkie kan pas.

Om groter troues met meer gaste te akkommodeer, word stoele buite die kerkie uitgepak en ’n luidspreker word gebruik sodat gaste die verrigtinge kan volg.

Die grootte van die kerk verseker intimiteit by troues en word gesien as uniek. Die kerk is egter nie die enigste uitsonderlike gebou op die plot nie.

Braam en Hetta se woning is beslis ook ongewoon. Die groot huis waarin hulle woon, vertoon aan die binnekant as ’n grot.

Dit het glo die aanvanklike eienaar 16 jaar geneem om die huis te bou en ’n grot atmosfeer te skep.
Klippilare en pastel-kleurige stalagmiete en stalaktiete wat van die dak af hang, kom in elke vertrek voor.

“Ons bly heerlik hier. Ons leef permanent in ’n sprokieswêreld,” het Hetta gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version