Local newsNews

Tené se talent verbreed haar horison

Sy beskryf haar karakter as iemand wat omgee vir familie en wat altyd bereid is om ander te help.

Tené Minderon, wie een van die dae in ’n storiefilm te siene gaan wees, is besig om Brakpan se naam hoog te hou.

Die 24-jarige aktrise woon haar hele lewe lank in Brakpan-sentraal saam met haar ouers. Sy het in 2016 aan Hoërskool Die Anker matrikuleer en naskool eers in Italië en Oostenryk gaan toer.

Tené het vanjaar ’n rol gekry in haar heel eerste storiefilm. Die verfilmproses het vroeg in Maart by die Willem Prinsloo-museum in Cullinan plaasgevind.

Boetie ontmoet ’n alien sal in Julie op fliekNET kanaal 149 te siene wees. Sy het saam met bekende gesigte soos Franci Swanepoel, Jürgen Hellberg en Kaz McFadden gewerk.


ALSO READ: Have your say on the City’s budget


“Ek is bevoorreg om saam met sulke gesoute akteurs te kon werk,” het Tené gesê.

Alhoewel dit haar eerste storiefilm is, het sy die geleentheid gebruik om in haar toneelspel te groei.

“Ek kon met my karakter vereenselwig omdat sy ’n jong meisie is wat nog groot besluite het om te neem oor haar toekoms.”

Sy beskryf haar karakter as iemand wat omgee vir familie en wat altyd bereid is om ander te help. Volgens Tené was dit nie vir haar moeilik om in haar karakter te kom nie omdat die karakter se eienskappe ooreenstem met haar eie.


ALSO READ: UVA bied gemeenskapsveiligheid werksessie aan


Sy beweer dat haar toneelspel sover net natuurlik was en sy hoop om in die toekoms ’n uitdagende karakter te speel.

“Dit was vir my lekker om deel van ’n storiefilm te wees, want dit is baie anders as die televisiewerk waaraan ek gewoond is.”

Tené is realisties wanneer dit by haar drome kom en besef dat die geleenthede in die industrie min is, maar sy probeer die beste daarvan maak.

“Ek is dankbaar dat ek die geleentheid kon kry om ’n eens-in-’n-leeftyd beroep aan te pak. Ek gaan daagliks op my knieë om dankie te sê,” het sy gesê.

Alhoewel sy van nege-jarige ouderdom af dramaklasse geneem het, beskou haarself steeds as ’n introvert rondom mense wat sy nie ken nie.

Sedert 2019 is Tené deel van die Getroud met Rugby-span en het vertel dat daar nog lekker storielyne voorlê voordat die sepie tot ’n einde kom.

“Ek dink nie die kykers besef hoe baie mense hulle werke gaan verloor en hoeveel werk in so ’n produksie ingaan nie. Ek voel hartseer omdat ’n groot deel van my lewe ongelukkig gaan afsluit,” het Tené aan die Herald vertel.

Wanneer sy nie haar lyf aktrise hou nie, studeer sy BEd grondslagfase onderwys by Stadio Multiversity, waar sy in haar derde jaar is. Sy beoog om eendag ook skool te hou.

Sy beskou haarself nie as beroemd nie, maar vertel wel dat sy in publiekeplekke herken en voorgekeer word deur aanhangers.

“Ek is dankbaar dat mense my herken en ek probeer altyd vriendelik wees.”

Sy beoog om by nog ’n sepie aan te sluit en wil graag in die toekoms deel wees van ’n Afrikaanse dramareeks.

Related Articles

Back to top button