Local newsNews

UVA bied gemeenskapsveiligheid werksessie aan

Die Verenigde Veteraanassosiasie wil die gemeenskap help om voorsorgmaatreëls te tref.

Die Verenigde Veteraanassosiasie (UVA) het die afgelope naweek ’n gemeenskapsveiligheid werksessie by Cosy Corner in Brenthurst aangebied.

Voorsitter van die UVA Nico Smith (60) het verduidelik dat die twee-dae-lange werksessie oor die veiligheid van die gemeenskap gehandel het, asook hoe om onveilige situasies te voorkom en te hanteer.

Die UVA het meer as 7 000 veterane wat landswyd betrokke is en dra daagliks by tot die veiligheid en welvaart van gemeenskappe.


LEES OOK: Honde by twee huise vergiftig


Die hoofkantoor is in Kemptonpark gevestig. Voormalige adjunkhoof van die Suid-Afrikaanse Leër Gen Roland de Vries het op albei dae leiding geneem.

De Vries het gesels oor planformulering, grondbeginsels en doelstellings om die veiligheid van gemeenskappe te verseker.

Volgens Smith was daar selfs veterane wat vanaf die Kaap gevlieg het om teenwoordig te wees.


LEES OOK: Brakpan lose their first match of the Valke Peregrine League


“Ons land ervaar politieke onstabiliteit asook ekonomiese en sosiaal-maatskaplike agteruitgang,” het de Vries gesê.

Hy beweer dat dit gemeenskappe dwing om die nodige voorsorgmaatreëls te tref om onlus en misdaad-terreur situasies self te voorkom.

“Suid-Afrika word gereken as een van die lande met die hoogste geweldsmisdaad syfers ter wêreld en dit is die UVA se doel om gemeenskappe daarteen te beskerm.”

Related Articles

Back to top button