Ma sien hoe haar kind (9) raakgery word

Omstanders het blomme asook ‘n groot houtkruis met boodskappe teen 'n lamppaal geplaas.

Hartroerende tonele het Sondagmiddag afgespeel toe vriende, familie, motorfietsryers asook die publiek blomme gaan plaas het naby die plek waar ‘n nege-jarige kind Saterdag oorlede is toe hy in Voortrekkerweg na bewering van sy fiets afgery is.

Michael Pretorius se ouers Annemarie (38) en Michael (41) Pretorius was ook onder die groep mense.

Omstanders het blomme asook ‘n groot houtkruis met boodskappe teen ‘n lamppaal geplaas.

‘n Gebroke Annemarie het Maandagoggend aan die Herald vertel dat sy gesien het hoe haar kind Saterdagmiddag deur die lug getrek het toe hy deur ‘n voertuig, slegs etlike meters van hul woonplek, getref is.


LEES OOK: Kinders het groot drome


Die rooikop kind het saam met sy ouer broer Jason Pretorius (13) op hul fietse gery. Michael is na die Verre-Oosrand Hospitaal vervoer waar hy later die aand oorlede is. ‘n Saak van strafbare manslag word ondersoek.

Die ouers is besig met die begrafnisreëlings en Annemarie het aan die Herald gesê dat ‘n begrafnisondernemer reeds na vore gekom het om die kis en die blomme vir die begrafnis te voorsien.

Sy het ook aangedui dat daar op die oomblik baie mense is wat geld insamel.

“Ons is baie dankbaar vir almal se hulp en ondersteuning maar ons ken sommige van die mense nie eens nie,” het sy gesê.

Persone wat ‘n bydrae wil maak kan eerder vir Annemarie self kontak by 066 321 9318. Lees ‘n volledige berig oor die tragiese gebeurtenis in Vrydag se uitgawe van die Herald.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version