Local newsNews

Truth Heals plaas klem op welstand van gesinne

“Ons droom is om huisgesinne so gesond as moontlik te kry sodat die ouers hulle kinders reg kan opvoed en die kinders nie met seer worstel nie,” het Trudie gesê.

Truth Heals is ’n nuut-gestigte organisasie in die dorp wat daarin spesialiseer om gesinne op verskeie vlakke by te staan.

Die maatskappy is in 2020 reeds gestig, maar is eers in September 2021 as ’n nie-winsgewende organisasie geregistreer. Die hoof uitvoerende beampte, Trudie Swanepoel (49), het gesê dat hul hoof fokus die welstand van huishoudings is.

Truth Heals het Saterdag ’n bekendstelling van hul organisasie van stapel gestuur. Besighede en verskeie individue van die dorp was genooi om meer uit te vind oor wat hulle doen en waarvoor hulle staan.


LEES OOK: Verval gaan lank neem om te herstel


Truth Heals het in 2020 met Rata Maatskaplike Dienste hande gevat, en sodoende help die twee instansies mekaar om die dorp se mense te ondersteun.

Hul kantore is in Brakpan-sentraal by Rata gevestig en hulle bied verskeie dienste aan. Die organisasie vra die publiek om hulp met finansiële of fisiese ondersteuning.

“Ons kan dit nie alleen doen nie. Ons het die gemeenskap nodig om ons te help,” het Trudie gesê.

Martha Neethling en Yolandi Wheeler vorm ook deel van die bestuurspan wat voltyds betrokke is. Truth Heals bied dienste soos ouerskapwerkswinkels, boelie-programme, trauma fasilitering, pastorale ondersteuning, jeugkampe en vele meer aan.

Die groep dinamiese vroue se doel is om ’n verskil in die gemeenskap te maak deur verhoudings te bou en herstel tussen ouers en kinders te kweek.

“Ons droom is om huisgesinne so gesond as moontlik te kry sodat die ouers hulle kinders reg kan opvoed en die kinders nie met seer worstel nie,” het Trudie gesê.

Vir meer inligting oor hoe om te help, kontak vir Martha Neethling by 079 485 0418.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button