Local newsNews

10-Jarige besig om naam te maak

Vanuit 3 600 inskrywings was Kayla een uit 80 kinders wat gekies is vir die oudisies.

Kayla Oelofse skroom nie om haar drome na te streef nie. Dié 10-jarige inwoner van Brakpan-Sentraal was onlangs deel van die filmspan van ‘n nuwe Afrikaanse kort film.

Kayla se ma, Lynette van Reenen (36), het ‘n paar maande gelede ‘n advertensie van die oudisies op sosiale media gesien en dadelik besluit om vir Kayla in te skryf.

Uit 3 600 inskrywings was Kayla een uit 80 kinders wat gekies is vir die oudisies.

Na nege maande se voorbereiding, aanlyn video’s en werkswinkels het die verfilmingsproses vanaf 21 tot 23 Februarie in Rustenburg plaasgevind.


LEES OOK: Dalwer atlete reg vir Gauteng uitdaging


Kayla het die geleentheid gehad om saam met groot name soos Viljee Maritz en sy pa, Albert Maritz te werk.

“Dit was nie vir haar moeilik om in haar rol in te klim nie. Dit kom natuurlik vir haar,” het haar pa, Braam van Reenen (40) gesê.

Die film se naam is Van die pad af en sal in Junie of Julie op die kassie wees. Dit sal op kanale soos KykNET en Via te siene wees.

Sy is tans ‘n graad vyf leerder aan Laerskool Brakpan-Oos en blink uit in sport, akademie en kultuur. Sy neem ook graag deel aan netbal en kunswedstryd.


LEES OOK: Vullisverwyderaars moet ook hul kant bring


“Haar liefde vir die verhoog het beslis by kunswedstryd begin,” het Braam gesê.

Alhoewel Kayla nog altyd van toneelspel hou, is dit egter nie iets wat in hul familie is nie.

“Ek weet nie waar sy haar liefde vir toneelspel vandaan kry nie”.

Kayla se jongste sussie, Bianette kyk egter op na haar en is besig om in ousus se voetspore te trap. Bianette is deel van die Wysneusies-groep en het al verskeie kere op die verhoog opgetree.

Kayla beoog om eendag ‘n beroep in die vermaaklikheidswêreld na te streef en hopelik nog in baie films te speel.
Sy is bereid om al op ‘n jong ouderdom hard te werk om haar drome te bewaarheid.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button