Dalpark inwoner spog met haar sprokiesmooi tuin

“My pa het altyd gesê mens gooi niks weg nie. Jy kan dit gebruik vir kuns in jou tuin.”

Om groen vingers te hê, kry ’n heel nuwe betekenis wanneer jy die sprokiesmooi tuin van Lorna Prinsloo betree.

Die 76-jarige inwoner van Dalpark neem tuinmaak tot die volgende vlak.

Sy woon al vir 44 jaar in Brakpan en beweer dat haar tuin nog al die jare iets is waarop sy trots was en nooit afgeskeep het nie.

Die gesin het ongeveer vyf maande gelede verhuis en Lorna moes van vooraf met haar groen vingers toor om haar nuwe tuin na iets te laat lyk.


LEES OOK: Dalwers beloon vir harde werk


“My ma en pa kon enige iets met hulle hande doen. Dit is beslis waar ek my kreatiwiteit vandaan kry,” het Lorna gesê.

Daar gaan nie ’n dag verby wat sy nie in haar tuin werk nie. Die kreatiwiteit van Lorna se tuin strek van ’n klavier waaruit water loop na ’n potjiekospot vol blomme.

“My pa het altyd gesê mens gooi niks weg nie. Jy kan dit gebruik vir kuns in jou tuin.”

Om die tuin so mooi te laat vertoon verg egter meer as een person se harde werk en daarom het Lorna ’n tuinwerker wat haar help.


LEES OOK: Oos-Rand Sakevroue begin jaar in styl


Larry Matayaya sit al jare lank ’n handjie by as dit by die tuinwerk kom en help haar om swaar voorwerpe rond te skuif.

Lorna het in die verlede drie keer die wen-titel verower vir die beste kleintuin in Ekurhuleni.

Sy is ook twee keer aangewys as die wenner vir die beste sypaadjietuin van die jaar.

“My tuin is my trots,” het Lorna gesê.


Exit mobile version