Local newsNews

In die kollig

Leer ons drop se mense ken.

Caileen Fella (13) is vanjaar die hoofdogter van Laerskool Brakpan-Oos. Haar ma is Beryl Dirker en hulle woon in Benoni. Sy hetook twee ouer broers, Darius en Nardus.

Wat is jou doelwit as hoofdogter van Laerskool Brakpan-Oos?
Om al die leiers en leerders te help waar ek kan en ‘n goeie hoofdogter vir hulle almal te wees.

Hoe hanteer jy uitdagings en teleurstellings?
Ek sal alle uitdagings wat voor my is aanvat met ‘n positiewe uitkyk. Ek sal ook probeer verby die teleurstellings te kyk. Natuurlik na teleurstelling sal ek ongelukkig wees maar ek sal probeer om die beste van die situasie maak.

Aan watter kos sal jy nie jou mond aan sit nie?
Ek sal nie my mond aan tamatie sit nie.

Watter vak is vir jou die lekkerste en hoekom?
Sosiale wetenskap maar meer spesifiek, geskiedenis. Ek hou daarvan want dit vat my na ‘n tyd toe wat ek nie in geleef het nie.

Wat laat jou sommer lekker lag?
My beste vriendin, Yolandie.

Jy moet vir ‘n week op ‘n eiland gaan bly en jy mag net vyf items saam neem, wat sal dit wees?
Leesboeke, kos, skoon water, ‘n legkaart (want ek sal mal word as daar niks is om te doen nie), en ‘n “survival kit”.

Het jy al besluit wat jy eendag wil word?
Ja, ‘n sielkundige.

Wat doen jy om te ontspan?
Ek lees graag en hou daarvan om videospeletjies te speel.

Na watter hoërskool gaan jy in 2023?
Hans Moore.

Beoefen jy sport by die skool en dink jy dit is belangrik dat kinders aan sport deelneem?
Persoonlik beoefen ek nie sport nie maar ek dink wel dit is belangrik vir kinders om te oefen.

Related Articles

Back to top button