Diere moes medikasie kry danksy vuurwerke

Daar is waaragtig ander maniere om jolig te verkeer.

André Steyn, Minnebron, skryf per e-pos:

So elke jaar is dit maar dieselfde storie.

Mense gee nie om, om honderde rande te mors op vuurwerke nie en hulle gee nog minder om oor die impak wat dit op diere het.

Daar was mense in Minnebron wat dit op Kersdag gedoen het en toe weer op Oujaar en Nuwejaar en nog tussenin ook.

Ons het vriende gehad wat in ons huis gebly het terwyl ons weg was vir twee weke.

Op Oujaarsaand het hulle vir my ‘n opname gestuur van die lawaai wat lank na middernag aangehou het.

My drie honde moes medikasie kry.

Hoe lank gaan die publiek nog toegelaat word om vuurwerke te koop en na hartelus in woonbuurte af te vuur?

Ek wil vir niemand hulle plesier ontneem nie maar daar is waaragtig ander maniere om jolig te verkeer.

Is dit net ek wat kla of het voel ander mense dieselfde?


LEES OOK:

Sluipslapers is geen nuutjie

LEES OOK:

Drank word verkoop ten spyte van inperking

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version