Die Anker se atlete blink uit by Top 30-byeenkoms

Anker se seuns atlete het hulle afdeling gewen.

Hoërskool Die Anker het verlede naweek deelgeneem aan die NWU Top 30-atletiekbyeenkoms te Potchefstroom.

Die skool se span het goed gevaar en het gesorg dat Die Anker sy beste uitslae nog verwerf het in hierdie byeenkoms.

Die Anker, wat in afdeling B vir opkomende skole deelgeneem het, het algeheel tweede geëindig. Anker se seuns atlete het hulle afdeling gewen en die meisies was vierde.

Vir Die Anker het die volgende atlete op die Atletiek Suid-Afrika 2020 tabel uitgeblink:

Meisies:
• Krize Joubert 815 punte (10.99m, gewigstoot o-14)
• Kelly Frazer 757 punte (13.40s, 100m o-15)
• Kelly Frazer 757 punte (27.86s, 200m o-15)

Seuns:
• Nantus Joubert 934 punte (17.80m, gewigstoot o-17)
• Nantus Joubert 850 punte (49.44m, skyfwerp o-17)
• Theodore Vermaak 825 punte (50.15s, 400m o-17)

Die algemene uitslag vir afdeling B was soos volg: Hoërskool Transvalia (28 155 punte), Die Anker (28 060), Hoërskool Jeugland (26 405), Hoërskool Brits (26 191), Benoni High School (25 684).


ALSO READ: 

Adopt a pet

ALSO READ: 

All things toys at this fair

Exit mobile version