Local newsNews

Gesin treur oor hondjie

Die erf beveilig is juis sodat die hondjie nie kon uitkom nie.

‘n Gesin van Brakpan-sentraal is rasend van kommer en baie hartseer nadat hulle Toy Pom op 16 September vermis geraak het.

Chris van Loggerenberg is vas oortuig daarvan dat die hondjie op ‘n manier uit sy erf gesteel is aangesien die erf beveilig is, juis sodat die hondjie nie kon uitkom nie.

“Ons het oral gesoek sonder enige sukses,” het Chris gesê.

“Die hondjie was soos ‘n kind in die huis en ons is bereid om die persoon wat dit aan ons terug besorg te vergoed,” het hy bygevoeg.

Enigiemand wat meer inligting kan verskaf of moontlik kan help om die hondjie aan die eienaars terug te besorg kan vir Chris kontak by 083 286 4623 of vir Benita van Loggerenberg by 083 557 5755.


LEES OOK

In die Kollig

It’s time to post your Christmas parcels, says SA Post Office

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button