Die Anker se redenaars laat hul nie onderkry

Nachalee en Robbie het ook deurgedring na die finaal.

Hoërskool Die Anker se redenaars laat hul nie deur enige inperking onderkry nie en die span neem steeds aktief deel.

Die volgende leerders het die semi-finaal van die Radikale Redenaars SA gehaal: Johanne van Wyngaardt (public speaking, graad agt), Nachalee Creser (public speaking, graad nege), Mario Do’Ofaustino (Afrikaans redenaars en public speaking, graad 10), Divan du Plooy (Afrikaans redenaars, graad 11). Die volgende graad 12 leerders het ook deurgedring: Marjolandi Geyser (Afrikaans redenaars en public speaking), Rewaldo Stoltz (public speaking), Robbie Hawley (Afrikaans redenaars en public speaking).

Nachalee en Robbie het ook deurgedring na die finaal.

Exit mobile version