Local newsNews

Stoffberg netbalspeler beïndruk

Finale proewe find plaas op 14 Augustus.

Hoërskool Stoffberg se onderhoofdogter van sport, Chanté Blignaut (18), het deurgedring na die Gauteng-skole finale netbalproewe op 14 Augustus by Hoërskool Florida.

Die span wat Gauteng sal verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse Skole Netbaltoernooi sal dan gekies word.
Chanté het vertel dat sy al van graad een af netbal speel.

“Ek speel al vir 12 jaar hulpdoel. Dit is beslis my gunsteling.

“Dit is egter die eerste keer wat ek dit so goed vaar in die netbalproewe. Ek is so opgewonde oor die geleentheid wat vir my gegee is,” het Chanté gesê.

LEES OOK: Jo Black praat met Dalwers oor boeliery

Related Articles

Back to top button