Editor's choiceLocal newsNews

Pas bekend: Pa wat deur rowers geskiet is, oorlede

Die paartjie se ses kinders tussen die ouderdomme van drie en 16 jaar was ten tye van die voorval in die huis.

Die  32-jarige Gerald van Jaarsveld wat voor verlede Donderdagaand deur rowers in sy huis in Brakpan-Noord geskiet is, is vanoggend in die hospitaal oorlede.

Die Herald het verlede week berig oor die voorval waartydens Gerald en sy verloofde, Kathleen van Wyk (35) in hul huis geskiet is toe hulle hulself in inbrekers vasgeloop het. Kathleen is eerste in die maag raak geskiet, waarna Gerald vier keer in die regterbeen en een keer in die maag getref is.

Die paartjie se ses kinders tussen die ouderdomme van drie en 16 jaar was ten tye van die voorval in die huis asook ‘n bejaarde egpaar.

Gerald wat die afgelope tyd in die Chris Hani Baragwanath Akademiese Hospitaal behandel is, het verskeie operasies ondergaan in ‘n poging om sy lewe te red.        

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button