Local newsNews

Oom Belt se seun staan sy pa se skoene vol

“Ons het ons lewe opgepak en Brakpan toe getrek.”

Toe Cecil Griezel (64), of Oom Belt soos hy alombekend was, verlede jaar in November oorlede is, het baie mense van die dorp gewonder of sy unieke eenmansaak sal voort bestaan.

Menige Brakpanner, maar ook besoekers van ander dorpe, het deur baie jare ’n unieke leer lyfband by Oom Belt gekoop. Hy was vir jare getrou op sy pos in Athlonelaan.

Sy vrou, Jean, met wie hy 43 jaar getroud was, het gesê dat sy en die egpaar se twee kinders, Annemarie Botha (43) en Cecil jnr (41), sal voortgaan met die verkoop van die leergordels.

Jo Black praat met Dalwers oor boeliery

Cecil jnr het vertel dat hy en sy gesin sowat twee maande gelede na Brakpan verhuis het.

“Ek het vir nege jaar by AutoZone in Zeerust gewerk. My vrou, Elize (32), het as boekhouer gewerk vir ’n diesel depo,” het Cecil vertel.

“Ons het ons lewe opgepak en Brakpan toe getrek om in my pa se voetspore te volg. Wanneer ek vroeër jare vir my ouers uit Zeerust kom kuier het, het ek altyd my pa gehelp en so het ek by hom geleer. Dis vir my ma baie spesiaal om te sien hoe my pa se besigheid voortgaan.”

‘Little has changed,’ say organisations as government outlines plans to end GBV

Hy het gesê dat hulle besig is om uit te brei en beoog om meer handsakke te maak en dat daar ook ’n plan is om hout-items te verkoop.

“Ek is nes my pa sewe dae ’n week op my pos van 08:00 tot 15:00. Ek vat een dag uit my week uit om voorraad te gaan koop, wat gewoonlik ’n Woensdag of ’n Donderdag is.

“Dis lekker hier in Brakpan en ek sien uit na nog baie jare hier in die dorp.

“Dit is lekker om altyd by mense staaltjies te hoor oor my pa. Dis ’n voorreg om sy skoene te kan vol staan.”

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button