Nikita laat die gewig wegsmelt

"Ek het die dag daarna dadelik begin kyk wat ek eet.

’n 23-jarige inwoner van die dorp het die afgelope 18 maande ’n ongelooflike 53kg gewig afgeskud en is verheug oor haar nuwe lewe en voorkoms.

“Die besluit wat ek geneem het om ’n gesonder leefstyl te handhaaf is een waaroor ek nooit spyt sal wees nie,” het Nikita Kotze van Dalview gesê.

“Ek het op 26 Desember 2019 ’n foto saam met my pragtige niggies geneem en na die tyd het ek na die foto gestaar en besef hoe groot ek eintlik lyk teen hulle.

“Dit is daar waar ek besluit het genoeg is genoeg. Ek het die dag daarna dadelik begin kyk wat ek eet. Ek het gesien ek is dubbel hulle grootte en kon dit byna nie glo nie. 

Registration for Thami Mnyele Fine Art Awards now open

“Ek was gelukkig nie sieklik nie, maar daar kom ’n punt wat dit ongemaklik voel om so groot te wees.”

Nikita het vertel hoe sy op skool gedurig moes oplet na wat sy geëet het, alhoewel sy nie ’n vaste diet gevolg het nie.

“Almal weet na matriek tel meeste mense ’n paar kilos op en ongelukkig het ek 40kg opgetel. Meeste mense probeer altyd ’n gesonde leefstyl volg, maar hou nie altyd daar by nie.

“Ek het besluit dat dit die keer anders sou wees. Ek het besef ek wil gesonder leef, gemaklik voel in my lyf en by enige winkel kan klere koop sonder om te twyfel of dit my sal pas. Dit is ’n aaklige gevoel as mooi klere in ’n winkel jou nie pas nie.”

Nikita het ’n Keto-eetplan vir ses maande gevolg.

“Ek het my eie eetplan uitgewerk en daarby gebly. Die Ketogeniese dieet behels die vermindering van koolhidraat inname drasties en vervanging daarvan met vet.

“Dit help as jy steeds lekker kan eet en omdat ek van vleis hou, was dit die perfekte oplossing gewees. Ek het in 18 maande 53kg gewig verloor en my doel is om nog sewe af te skud.

“Op moeilike dae het ek na ou foto’s van myself gekyk en elke keer besef dat ek nooit weer daardie mens wil wees nie,” het Nikita gesê.

Sy het genoem dat haar grootste uitdaging gekom het toe haar gewig vir drie maande stil gestaan het.

“Ek het nie verloor of opgetel nie, maak nie saak hoe baie ek by die gimnasium was of hoe min kalorieë ek geëet het nie. Om moed te hou was vir my die moeilikste,” het sy vertel. 

Avoid these six common money mistakes in your retirement years

“Deur hierdie hele proses het ek in 18 maande ’n nuwe mens geword. Dit is sekerlik die beste ding wat ek kon doen. Ek het uit my boksie geklim en myself aanvaar vir wie ek is. Ek is nie meer bitter as ek meisies met mooi figure sien nie.

“Ek bewonder hulle omdat ek nou self weet hoeveel opofferings mens moet maak. My lewenstyl het totaal verander, ek het besef stysel is nie gif nie, suiker maak nie altyd vet nie en dat ek alles in klein hoeveelhede wel kan inpas. Toewyding is die beste woord om dit te beskryf.

“Sonder om twee keer te dink sal ek nou eerder water bestel in plaas van Coke, en dit pla my nie eers nie.”
Nikita het vertel dat haar enigste advies vir ander is om foto’s te neem regdeur die proses. ’n Mens sien soms nie die verandering op die skaal nie, maar ’n foto jok nooit nie.

“Die eerste stap is altyd die moeilikste, maar dink net daaraan hoe jy oor maande van nou kan lyk. Hou moed en druk deur,” was Nikita se wyse raad.

Exit mobile version