Local newsNews

Covid eis polisieman met jare se diens

Nog ’n lid van die Brakpan SAPD is Vrydagoggend aan Covid-19-verwante komplikasies in die hospitaal oorlede. Kapt Daniel Cornelius Oberholzer (50), of Obi soos hy bekend was by sy vriende en kollegas, het 30 jaar diens aan die SAPD gehad en was die afgelope sewe op Brakpan gestasioneer.

Nog ’n lid van die Brakpan SAPD is Vrydagoggend aan Covid-19-verwante komplikasies in die hospitaal oorlede.
Kapt Daniel Cornelius Oberholzer (50), of Obi soos hy bekend was by sy vriende en kollegas, het 30 jaar diens aan die SAPD gehad en was die afgelope sewe op Brakpan gestasioneer.

Nadat hy sy opleiding aan die Polisie Kollege te Pretoria ondergaan het, was hy eers in Springs werksaam, waarna hy by die Cleveland Polisiestasie gewerk totdat hy in 1994 na Brakpan oorgeplaas is.

Hy het daarna vir ’n tydperk vanaf 2011 tot 2013 in Katlehong gewerk voordat hy in 2014 weer na Brakpan teruggekeer het.

Hy was ten tye van sy dood werksaam in die aanklagkantoor. Volgens sy vrou, Marilise (48), was hy ’n toegewyde polisieman wat sy werk geniet het.

Police warn of robbers posing as home affairs officials

“Hy het dit geniet om met die publiek te werk ek glo nie hy sou ooit ’n ander beroep wou kies nie,” het Marilise gesê.

Die egpaar het een seun, Marco (18), wie ’n matrikulant aan Hoërskool Stoffberg is. Marilise het vertel dat haar man graag visgevang en gejag het.

Hy was op sy gelukkigste wanneer hy in die bosveld kon wees. Teen druktyd was die begrafnisreëlings nog nie gefinaliseer nie.

Die bevelvoerder van die Brakpan Polisiestasie, brig Fredl Jonck, het sy meegevoel met die naasbestaandes van Oberholzer uitgespreek en bygevoeg dat hy inderdaad ’n leemte laat.

Benoni’s healthcare angel dominates at bowls, blind

Related Articles

Back to top button