Local newsNews

Polisieman was sy sout werd

D de Villiers skryf per e-pos.

Dit is met groot leedwese dat ek kennis geneem het van die afsterwe van adj-off Jan Roos en sy eggenoot Sonja Roos.

Ek het hulle nie persoonlik geken nie, maar my pad het ’n paar jaar gelede met adj-off Roos gekruis toe ek ’n voorval by my huis gehad het.

Die man se toewyding en professionaliteit het my opgeval en ek kan onthou dat ek saggies gewonder het waarom daar nie meer sulke polisiemanne kan wees nie.

Die dorp is beslis baie armer met die heengaan van ’n polisieman wat sy sout werd was.

Aan elke persoon wat ’n geliefde afgestaan het aan Covid-19 of op watter wyse ook al, my innige simpatie.

Die lewe is op die oomblik nie lekker nie. Ons moet krag kry deur te bid en die wat swaarkry in ons gebede opdra.

LEES OOK:

Related Articles

Back to top button