In die Kollig

Chantel van Zyl (33) is ’n gewilde sangafrigter in Brakpan. Sy woon saam met haar man, Jady van Zyl (35), en hulle kind, Zehan (3), in Dalpark.

Chantel van Zyl (33) is ’n gewilde sangafrigter in Brakpan. Sy woon saam met haar man, Jady van Zyl (35), en hulle kind, Zehan (3), in Dalpark.

Jy bied sanglesse aan. Vertel meer daarvan

Ek gee al vir sewe jaar sangklasse. Ek het nooit gedink dit sal vir my so ’n groot passie wees om sanglesse aan te bied nie.

Dit was iets wat die Here op my pad gestuur het. Ek is net so bevoorreg om kinders te werk met ongelooflike talente.

Ek onthou die eerste keer toe my studente opgetree het – die trots wat ek beleef het en die trane wat van my wange afgerol het.

Dis toe ek besef het dis iets wat ek wil doen vir so lank as wat ek kan.

Is dit iets wat jy nog altyd wou doen?

Verseker. Die sanglesse is ’n stuk van my lewe en myself wat ek in die volgende generasie kan belê. Dis vir my so lekker om te sien hoe kinders straal op ’n verhoog en beloon word vir hulle harde werk.

Met Covid-19 is dit moeilik vir sangers om aan sangkompetisies deel te neem. Baie daarvan vind nou aanlyn plaas.

Dink jy dit bevoordeel of benadeel deelnemers?

Ek dink daar is voordeel en nadeel. Ek dink die voordeel is dat jy kry meer as een kans om jou lied so goed as moontlik te doen. Die nadeel is dat die kinders se self-vertroue word opgebou die oomblik wat hulle voor mense sing.

Ek dink ook kinders geniet dit baie meer om lewendig op te tree. Dit gaan oor meer as net die wen of verloor, dit gaan oor die opgewondenheid in hulle magies, die ondersteuning van die gehoor en belewenis van die optrede met ligte en harde musiek. Ek hoor baie van my studente hoe hulle dit mis.

Is daar raad vir hoe jy ’n stem hanteer as jy siek is en jy moet sing?

Siek en sing gaan nooit saam nie. Jou beheer is baie minder en jou stem moet baie harder werk as gewoonlik. Maar ek sing sewe dae ’n week en die twee dinge help my baie: ’n serp en warm drinkgoed, veral suurlemoen en heuning, sowel as mintdruppels. Hitte ontspan jou stembande en dis altyd belangrik as jy sing.

Watter stokperdjies of belangstellings het jy?

Ek geniet dit baie om liedjies te skryf en dit doen ek in my spaar tyd.

Verkies jy die winter of die somer en waarom?

Somer. My liefde vir roomys en swem kan jy nie meet nie.

Waar hou jy graag vakansie?

By die see, Ballito. Ek is definitief ’n seekind.

As jy vir slegs ’n dag die president van Suid-Afrika kon wees, wat sou jy verander?

Langer naweke, korter weke.

Wat maak jou bitterkwaad en wat laat jou glimlag?

Ondankbaarheid en negatiwiteit maak my vreeslik kwaad. Familie maak my verseker die gelukkigste.

Beskryf jouself in vyf woorde?

Gedrewe, spontaan, opreg, liefdevol en bemoedigend

Exit mobile version