Local newsNews

Haarkaper volg in oorlede ma se voetspore

Die Barber Shop in Prince Georgelaan wil terug gee aan die gemeenskap met ’n projek wat inwoners mooi en goed sal laat voel.

’n Klein familie-georiënteerde besigheid wat so te sê nog nuut in die dorp is, het besluit om uit te reik na die gemeenskap om hulle een-jarige bestaan te vier.

Die Barber Shop in Prince Georgelaan wil terug gee aan die gemeenskap met ’n projek wat inwoners mooi en goed sal laat voel.

Die haarkapper beplan om gratis haarsnye te doen vir persone wat dit nie kan bekostig nie. Die motivering vir die gebaar lê agter ’n liefdevolle vrou wat altyd terug gegee het aan die gemeenskap.

Wahlan Maroni (33), die bestuurder, het vertel dat hierdie gemeenskapsprojek geïnspireer is deur sy oorlede ma, Johanna Maroni. Sy is op 30 Maart, 2020, oorlede.

“Sy was altyd die een wat uitgereik het na enige iemand in nood. Sy sou, waar sy kon, alles in haar vermoë doen om te probeer help waar sy kan. Tydens ’n huldeblyk aan haar, het ek beloof om hierdie opregtheid te laat voortleef.”

Op 2 Augustus kan die publiek aan hulle deure vanaf 08:00 tot 17:00 klop.

“Barber Shop is nie net ’n besigheid nie, dis ’n familie.” 

PAS BEKEND: Covid-19 eis gesoute polisieman se eggenoot ook

Related Articles

Back to top button