Local newsNews

Kerk se gebaar word waardeer

Mense is ook bang want ‘n mens weet net nie wie volgende gaan wees nie.

Met verwysing na die berig op die voorblad van 16 Julie (Kerk bied weg vir vertroosting). Ek wil net bae dankie se vir dr Johan van Rensburg en sy gemeente vir die mooi gebaar. Daar is soveel hartseer in ons dorp (en die hele land).

Ek self het al twee vriende afgestaan aan Covid-19 so ek weet hoe erg die pyn is wat hierdie virus veroorsaak.
Mense is ook bang want ‘n mens weet net nie wie volgende gaan wees nie.

Baie mense sal dink dit beteken niks om ‘n lint aan ‘n heining te gaan vasbind nie. Ek het twee linte gaan vasmaak vir my twee vriende en ‘n derde een vir almal wat pyn en hartseer verduur.

Na dit het ek in my kar gesit en gebid en toe ek daar wegry het my hart baie ligter gevoel.

In hierdie onseker dae glo ek dat ons moet opkyk na die hemel want dit is waar ons krag vandaan sal kom.
Aan elkeen wat treur oor ‘n geliefde of bekommerd is oor iemand wat in die hospitaal is: Sterkte.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button