Local newsNews

Sien Groet die Grotman 2 hierdie Sondag in jou sitkamer

Drie Brakpan Herald lesers kan elkeen ’n kaartjie wen om Groet die Grotman 2 Sondag te geniet. Al wat jy hoef te doen, is om die volgende na 43366 te SMS: “Wen Grotman Brakpan Herald” en jou eie naam en van.

Die Grotman, of te wel Wynand van Vollenstee (Karate Kallie en Ouboet en Wors), is hierdie Sondag om 17:00 te sien in Groet die Grotman 2.

Hierdie is ’n aanlynproduksie en die hele gesin kan kyk in die gemak van hulle eie sitkamer. Daar is ’n ouderdomsbeperking van PG16 op Groet die Grotman 2. Dit is 20 jaar later. Grotman en Karen is steeds gelukkig getroud, of is hulle?

Die kinders is tieners. Mans en vroue verskil steeds en is eintlik van verskillende planete. Meneer en mevrou, kom herken jouself in Groet die Grotman 2 en kom skaterlag vir jouself.

Meneer, jy gaan beslis die kans kry om vir jou vrou vinger te wys. En Mevrou, jy gaan beslis die geleentheid hê om manlief in die ribbes te pomp. Groet die Grotman 2 is die ideale tonikum vir enige huwelik.

WEN SÓ KAARTJIES

Drie Brakpan Herald lesers kan elkeen ’n kaartjie wen om Groet die Grotman 2 Sondag te geniet.
Al wat jy hoef te doen, is om die volgende na 43366 te SMS: “Wen Grotman Brakpan Herald” en jou eie naam en van.

Standaard tariewe geld.

Dieselfde inligting kan ook ge-e-pos word aan wen@lefra.com

Wenners sal per e-pos in kennis gestel word en die beslissing van die organiseerders is finaal.

Besprekings kan gedoen word by www.itickets.co.za of 011 815 3000.

LEES OOK: 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button