Local newsNews

Honde kry ook koud

'N Inwoner van Minnebron het per e-pos aan ons geskryf om gedagtes te deel oor kwessies wat in die omgewing waar sy woon, gebeur.

Inwoner van Minnebron skryf per e-pos:

Die afgelope tyd was dit baie koud, veral in die aande. Ons bly langs mense wat drie honde het: twee groot honde en ’n kleiner hond.

Die honde het nie ’n hok nie en hulle moet buite slaap in die koue.

Ek hoor hulle die hele nag blaf.

Ek kan nie met die mense gaan praat nie, want ons het in die verlede al vasgesit. Ek hoop maar hulle lees hierdie.

Dit is ook ’n versoek aan almal wat honde het om se sorg dat daar skuiling is vir die diere. Net soos ’n mens kry honde ook koud in die nag.

Sorg vir ’n hondehok of maak ’n buitekamer oop. ’n Warm kombers onder ’n afdak is ook beter as niks nie.

LEES OOK: 

Related Articles

Back to top button