Covid-19 eis bekende apteker van die dorp

Llewellyn Moyse (56), die eienaar van die Local Choice Audie Apteek in Prince Georgelaa, is Maandag na ‘n stryd met Covid-19 oorlede.

Llewellyn Moyse (56), die eienaar van die Local Choice Audie Apteek in Prince Georgelaan, is Maandag na ‘n stryd met Covid-19 oorlede.

Moyse, wat in Springs gebore is en groot geword het, was sy hele loopbaan in die aptekerswese. Hy was ‘n

bekende gesig by twee apteke in Springs asook die Med-Leigh Apteek in Boksburg voordat hy uiteindelik by Benn’s Apteek ingeskakel het.

Hier het hy met groot sorg na die apteek se kliënte omgesien en was altyd gereed om raad te gee waar nodig.

Moyse het besluit om ‘n droom te verwesenlik toe hy sy eie apteek, The Local Choice Audie Apteek se deure op 1 Junie 2020 geopen het.

Hy was getroud met Sarie en die egpaar het twee kinders, Llewellyn jnr (24) en Karlien (27).

Volgens Llewellyn jnr het sy pa op 21 Junie siek geword.

“My pa het ‘n passie vir sy werk gehad en vir die mense wat hy daardeur kon aanraak. Ons het hom baie lief,” het Llewellyn gesê.

LEES OOK: 

Ministerial Advisory Council on Covid-19 declines to confirm its support for latest alcohol ban

Life Esidimeni inquest shows why ‘mental health must be taken seriously’

Exit mobile version