Local newsNews

In die Kollig

Ons het al die regte vrae gevra in ons onderhoud met Brandon Van Dalen. Ons vind ook uit wat sy sterk en swak punte is.

Brandon Van Dalen (18) is ‘n jong sjef by ‘n plaaslike koffiewinkel in Brakpan. Brandon woon saam sy gesin, Antoinette Gertenbach (48), Dylan van Dalen (21) en Trudie Gertenbach (14) in Dalview.

  1. Wat het jou laat besluit om n sjef te word?
  • Ek het nog altyd ‘n groot liefde gehad om ‘n diens te lewer aan die gemeenskap. Ek hou ook baie daarvan om ‘n verskil te maak en ek het dit gevind deur kos te maak.

2. Waar kom jou liefde vir kos maak vandaan?

  • Van ‘n baie jong ouderdom. Vandat ek kan onthou het ek op ‘n stoel gestaan en vir my gesin ‘n maaltyd voorberei. Ek nog wou altyd ‘n sjef geword het en daardie besluit het net nog nooit verander nie.

3. Wanneer is jy op jou gelukkigste by die werk?

  • Wanneer ‘n kliënt ‘n kompliment gee oor die kos wat ek voorberei het. En dan natuurlik ook as ek kan aflewerings doen met die motorfiets want dit is ook ‘n groot liefde wat ek het.

4. Wat is jou sterk en swak punte in die kombuis?

  • My sterkpunte is om leiding te neem asook om beplanning te doen met die doel om die besigheid te verbeter. Ek is swak wanneer dit kom om ‘n resep te volg. Ek sukkel ook as ‘n kliënt ongelukkig is oor die kos of die diens.

5. Beskryf jouself in vyf woorde?

  • Ambisieus, gefokus, sterk karakter, hardwerkend en ‘n leier.

6. Watter maaltyd is jou heel gunsteling om voor te berei?

  • Pezcaccias (‘n spesialiteit van die koffiewinkel). Ek hou ook baie van bak, om koeke te bak en versier. Dit help my om my kennis te verbeter.

7. Wat is jou grooste uitdaging in jou werksomgewing?

  • Om te weet dat ek nie alles self kan doen nie en om vir hulp te vra.

8. Hoe lyk jou kosblik vir by die werk?

  • Dit word voorberei by die werk. Dit hang af wat op die personeel se spyskaart is.

Related Articles

 
Back to top button