Local newsNews

Plaaslike onderwysers word ingeënt

“Ek voel meer gerus noudat ek weet dat ek my inenting teen Covid-19 ontvang het."

Onderwysers en ondersteuningspersoneel van Brakpan skole het gehoor gegee aan die oproep om teen Covid-19 ingeënt te word nadat die regering einde verlede maand sy inentingsproses in die onderwys begin het

Personeel van hoër- en laerskole van die dorp het onlangs hul enkel-dosis inenting by die Springs Burgersentrum ontvang. Die Departement van Basiese Onderwys se doel is om 582 000 personeel van openbare en privaat skole teen 8 Julie in te ent.

Die Herald het met personeellede van Hoërskool Stoffberg en Felicitas gesels om uit te vind hoe hulle die entstof ry ervaar het.

Alida Visser, ’n onderwyser aan die Hoërskool Stoffberg, het gesê: “Ek sien baie kinders op ’n gereelde basis en almal is nie so gesteld op die maatreëls soos ek nie.

“Ek voel meer gerus noudat ek weet dat ek my inenting teen Covid-19 ontvang het.
“Die inenting was ’n bietjie seer, maar verseker die moeite werd. Dit is belangrik om ingeënt te word sodat jy jouself en diegene rondom jou teen die virus kan beskerm,” het Visser gesê.

Felicitas Skool onderwyser Surita Roos het verduidelik dat sy glad nie angstig was vir die inenting nie, maar dat sy dit net wou verby kry.

“Ek glo dit sal die verspreiding van die virus in skole verminder, alhoewel almal steeds hulle veiligheid eerste moet stel.

“Ons werk baie na aan die kinders en dis belangrik dat ons gesond bly ter wille van hulle,” het Roos gesê.

Elaine Ten Napel van Laerskool Brakpan-Oos by die Springs Burgersentrum.
Michelle Benade van Laerskool Brakpan-Oos het ook haar inenting ontvang.
Aileen Mollentze van Laerskool Brakpan-Oos.
Alida Visser van Hoërskool Stoffberg het onlangs haar inenting ontvang.
Karen Lues van Laerskool Brakpan-Oos.
Willanda Myburgh van Laerskool Brakpan-Oos.

Related Articles

 
Back to top button