Editor's choiceLocal newsNews

Jong jaer laat die tjorre knor

“Op wedrendag is sy pa heeldag gefokus en die senuwees loop hoog.”

’n Jong wedren-entoesias van Dalview hoop om nog hoër hoogtes in die toekoms te bereik.
Die gogga om knortjor (go-kart) te ry het vir Johan Nolte (8) sowat ’n jaar gelede gebyt, en hy is vinnig besig om naam vir homself te maak.
Volgens sy ma, Elmarie, is die liefde vir spoed en wedrenne in haar spruit se bloed.
Johan het trots vertel dat sy oupa, Johan Nolte, Formula M gery het en dat sy pa, Byron Nolte, Formula Fort KENT gery het.
“Wanneer ek aan wedrenne dink is een van my grootste oomblikke tot dusver toe ek by ‘regionals’ se derde rondte ’n vierde plek behaal het.
“Dit is ook lekker om beter te vaar as kinders wat al vir meer as drie en vier jaar aan wedrenne deelneem.”

Lees ook: Vyf Dalwers neem deel aan SA Tweekamp

Johan het verduidelik dat hierdie jaar vir hom ’n leerproses is.
“Ek wil net eers my voete vind in die resies-wêreld. Ek werk baie hard om volgende jaar die kampioenskap te vat en oorsee te gaan.
“Elke jaar is daar ’n Afrika-ope. Dit is ’n groot sportbyeenkoms in Suid-Afrika, waar daar baie oorsese ryers is.
“Dit word die jaar op Zwartkops op 7 en 8 Augustus gehou,” verduidelik die geesdriftige jong jaer.
“Ek oefen ten minste drie keer ’n week op die baan, die res van die dae oefen ek op die simulator by die huis.
“My grootse uitdaging is om seker te maak my enjin is altyd die vinnigste. Maar daar is altyd iemand slimmer en better as jy.
“My rolmodel is my pa. Ek kyk op na my pa. Hy gee my altyd goeie raad. My pa het altyd onder die top drie geëindig en dis waarvoor ek werk, ek wil in sy skoene volg,” het Johan gesê.
Elmarie het vertel: “Vir ons as ouers is dit ongelooflik om te sien hoe ons seun presteer. Hy verbeter met elke wedren en gee nooit op nie.
“Op wedrendag is sy pa heeldag gefokus en die senuwees loop hoog. As ma’s is ons 10 keer erger as ’n rugbyspeler se ma.
“Sy pa staan altyd by die wegtrekstreep en ons hoop altyd dat ons seun met die wegtrek die voorste plek sal vat.”

Lees ook: Nissan to bring more Formula E racing excitement through 2026

Elmarie het verduidelik dat die sport soos ’n gelukkige trekking is; jy kan nie bepaal wat die dag gaan inhou nie.
“Sodra die eerste rondte verby is, raak die seuns aggressief en gee alles. Dit is dan wanneer dinge warm raak,” het sy vertel.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button