Editor's choiceLocal newsNews

In die Kollig

Leer vir Isabel Vorster ken Leer vir Isabel Vorster ken

Isabel Vorster (63) is die besturende direkteur van Mother’s Nest in Brenthurst. Die kinderhuis ontstaan al 30 jaar en die kenmerkende spierwit gebou is ’n veilige hawe vir mishandelde kinders van alle ouderdomme.

• Hoe lank is jy al by Mother’s Nest betrokke?
Bykans 30 jaar.
• Hoe het jy by die huis betrokke geraak?
Ek was op die bestuursraad vanaf die ontstaan van Mother’s Nest.
• Wat het jy gedoen voor jy betrokke geraak het by Mother’s Nest?
Na die oorspronklike stigter van die organisasie uitgetree het, het ek die bestuur van die organisasie oorgeneem. Ek het terselfdertyd as logistieke bestuurder van Avery Dennison gewerk en was vanaf 2005 voltyds betrokke gewees by Mother’s Nest.
• Wat is die grootste uitdaging wat met jou werk gepaard gaan?
Om die kinders ’n versorgde normale huishoudelike lewe te gee. Om dit te doen moet mens altyd ’n hele paar balle in die lug hou. Tussen skoolaktiwiteite, finansiële voorsiening, personeel en alle wetlike besigheidsverpligtinge kan dit soms maar bietjie rof gaan.
• Watter deel van jou werk geniet jy die meeste?
Wanneer ’n kind, nadat hy of sy Mother’s Nest verlaat het, terug kom en vir ons kom kuier. Om te sien dat ’n kind, wat geen kans op ’n gesonde toekoms sou gehad het, ’n normale geblanseerde volwassene geword het wat op sy eie manier weer teruggee aan ander kinders wat ook die pad loop wat hulle eens op ’n tyd geloop het.
• Hoe neem jy afskeid van ’n kind wat vir ’n lang tyd in die huis was, en hou jy kontak daarna?
Ons neem nooit regtig afskeid van ons kinders. Hulle bly in kontak met ons en is altyd welkom om te kom kuier.
• Is jy van mening dat daar genoeg gedoen word om kinders en hul regte te beskerm?
Daar word beslis nie genoeg gedoen om kinders te beskerm. Ek dink daar is ’n groot tekort aan welsynbeamptes en so kry baie kinders wat dringend hulp nodig het nie die nodige aandag.
• Indien jy enige ander beroep kon kies, wat sou dit wees?
Ek sal beslis nie enige ander beroep kies. Om daagliks besig te wees om te help waar ons kan is al wat ek wil doen.
• Hoe lyk ’n dag in jou skoene?
Elke dag is ’n nuwe uitdaging. Daar is nooit twee dae wat dieselfde is by Mother’s Nest nie.
• Wat is jou gunsteling seisoen?
Die lente. Dit verteenwoordig altyd vir my ’n nuwe begin.
• As jy een gereg moet eet vir die res van jou lewe, wat sal jy kies?
Braaivleis.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button