Editor's choiceLocal newsNews

Gemeenskap sal baat by heli opleiding

“Veiligheid van die beseerde persone, maar ook die persone in die omgewing van die toneel, moet te alle tye ’n prioriteit wees.”

Verskeie belangegroepe, nooddienspersoneel en sekuriteitsmaatskappye het Saterdagoggend ’n opleidingsessie bygewoon waartydens die prosedure van ’n reddingspoging deur ’n helikopter noukeurig hanteer is.
’n Span van Rocket Helicopter Emergency Medical Services het met een van hul helikopters op die sportgronde van Laerskool Die Arend geland om breedvoerige opleiding te bied.
Die organiseerder van die opleidingsessie, Jorrie Jordaan, is ‘n voormalige nooddienswerker van Ekurhuleni met jare se ondervinding.
Hy is steeds betrokke by verskeie aspekte van nood mediese dienste en het sy kennis met die groep gedeel.
Jordaan het breedvoerig verduidelik watter stappe gevolg moet word wanneer ’n helikopter (lugambulans) na ’n toneel ontbied word.
“Veiligheid van die beseerde persone, maar ook die persone in die omgewing van die toneel, moet te alle tye ’n prioriteit wees,” het Jordaan gesê.
Peter Kenyon, ’n nooddiensparamedikus vir Rocket, het uitgebrei oor die diens wat verskaf kan word en meer verduidelik oor die helikopter self.
Dit is ondermeer volledig toegerus as ’n intensiewe sorgeenheid en opgeleide gevorderde lewenssorg-paramedici is altyd beskikbaar.
Die groep wat die opleiding bygewoon het, het daarna die geleentheid gekry om die helikopter van nader te bekyk en ook met die vlug personeel gesels.
“Die hoofdoel van die opleiding was om vir ons plaaslike belangegroepe die geleentheid te gee om hulself te vereenselwig met die praktiese sy van ’n reddingspoging deur ’n helikopter of lugambulans,” het Jordaan gesê.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button