Local newsNews

Onderwysers ontvang nie genoeg erkenning

Ek salueer elke onderwyser en hoof van al die skole.

Dankbare ouer skryf:
Vandag wil ek graag my dank betuig aan elke onderwyser in ons dorp (wel eintlik maar in die land).
Ek het twee kinders op skool. Een in hoër- en een in laerskool.
Ek dink nie die onderwysers en hoofde van skole ontvang die erkenning en dank wat hulle toekom in hierdie moeilike tye nie.
Om elke dag werk toe te gaan met die wete dat jy enige tyd Covid-19 kan opdoen moet kommerwekkend wees.
Tog bly die onderwysers pligsgetrou en doen alles in hulle vermoë om te sien dat ons kinders nie agter raak nie.
Daar is van verlede jaar soveel aanpassings en opofferings gemaak. Ek salueer elke onderwyser en hoof van al die skole.
Mag julle almal veilig en gesond bly en die genade van Bo ontvang om julle werk voort te sit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button