Editor's choiceLocal newsNews

Covid-19 eis bekende vrou van die dorp

Lorraine Kotze se vriende en familie is in rou gedompel oor haar skielike dood.

’n 50-jarige inwoner van Kenleaf is Saterdag oorlede kort nadat sy in die hospitaal opgeneem is vir Covid-19-behandeling.
Lorraine Kotze se vriende en familie is in rou gedompel oor haar skielike dood.
Die mense wat haar geken het, het haar beskryf as ’n sprankelende mens wat elke dag met ’n groot glimlag op haar gesig aangepak het.
Sy het altyd tyd gemaak om geselsies aan te knoop met enigiemand wat haar pad gekruis het.
Lorraine is in Brakpan gebore, waar sy ook groot geword het. Sy was in Laerskool Môrewag en Hoërskool Hoogland.
Sy was in 1988 hoofdogter in haar matriekjaar en het reeds toe diep spore getrap.
Volgens haar dogter, Nikita (23), was haar ma ’n mense-mens met ’n sagte hart wat altyd gehelp het waar sy kon.
Sy was lief vir mode en mooi aantrek en haar voorkoms was altyd onberispelik.
Lorraine was 28 jaar met die liefde van haar lewe, Pierre, getroud.
Die klein, hegte gesin het dit geniet om saam in Ballito vakansie te hou.
Honderde mense het na die tyding van haar dood boodskappe op sosiale media gelaat.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button