Editor's choiceLocal newsNews

Covid-19 eis gesoute polisieman

Joubert het ook gedurende sy tyd in Brakpan menige gemeenskapsprojekte aangepak. Covid-19 het Sondagoggend die lewe van die voormalige woordvoerder van die Brakpan Polisiestasie, Joep Joubert, geëis. Joubert, wat in 2016 na 39 jaar diens in die SAPD afgetree het, was vir byna nege jaar die woordvoerder van die Brakpan SAPD. Hy het die

Covid-19 het Sondagoggend die lewe van die voormalige woordvoerder van die Brakpan Polisiestasie, Joep Joubert, geëis.
Joubert, wat in 2016 na 39 jaar diens in die SAPD afgetree het, was vir byna nege jaar die woordvoerder van die Brakpan SAPD. Hy het die rang van kaptein gehad tydens sy uittrede.
Joubert het gedurende die tyd wat hy in Brakpan gestasioneer was, gesorg dat die publiek gereeld op hoogte gehou is van misdaad en die voorkoming daarvan.
Hy was ’n toegewyde polisieman vir wie dit belangrik was om ’n goeie positiewe verhouding tussen die gemeenskap en SAPD te handhaaf.
Hy het ook gedurende sy tyd in Brakpan menige gemeenskapsprojekte aangepak.
Joubert en sy vrou, Alettha, met wie hy 43 jaar getroud was, is beide verlede Saterdag in die hospitaal opgeneem en vir Covid-19 behandel.
Volgens hul seun, Darius, het dit Donderdag beter met hul beide gegaan en is hul ontslaan.
“My pa het egter Vrydag weer begin sleg voel en gesukkel met sy asemhaling, waarna hy weer opgeneem is,” het Darius vertel.
Joubert is Sondagoggend in die hospitaal oorlede.
Sy dogter, Juanita du Plessis, het gesê dat haar pa sy aftrede geniet het en dat hy baie van sy tyd gewy het aan sy twee kleinkinders, Juliana en Jandro.
Volgens Darius het sy pa ook nog die mediaskakeling vir die Elspark Stoeiklub behartig.
Die Joubert-egpaar het by Juanita en haar man, Johan, in Dalpark 11 gewoon.
Dit was ook geen geheim dat Joubert ’n groot Bloubul ondersteuner was nie.
Hy het vele memorabilia van die Bulle gehad en was op sy gelukkigste wanneer sy span ’n wedstryd gewen het.
Teen druktyd was die begrafnisreëlings nog nie gefinaliseer nie.

 

Related Articles

Back to top button