Local newsNews

Werknemer gaan uit haar pad om diens te lewer

 Ek was voorwaar beïndruk met die diens.

Inwoner van Brenthurst skryf per e-pos:

Die alewige negatiwiteit rakende dienslewering het my genoop om hierdie e-pos te stuur.

Ek het Sondag uitmuntende diens van ’n werknemer van die Stad van Ekurhuleni ontvang en alhoewel ek ongelukkig nie haar naam geneem het nie, het ek wel haar toesighouer na die tyd verwittig.

Die krag by my huis (ons gebruik voorafbetaalde krag) het Sondag net na middernag afgegaan.

Ek het die inbelsentrum van Ekurhuleni geskakel en toe reeds professionele diens ervaar en ’n verwysingsnommer ontvang.

LEES OOK: 

Ongeluk eis Brakpan egpaar wat op pad was na troue

 

Ek het verduidelik dat ons ’n baba in die huis het en die persoon het my verseker dat die saak aandag sal geniet.

Teen 10vm was die krag egter steeds af en het ek ’n kans geneem en na die elektrisiteitsafdeling gery.

Met my aankoms, het ’n vrou in ’n metro voertuig uitgery en ek het haar voorgekeer en my situasie aan haar verduidelik.

Sy was vriendelik en het aangebied om agter my aan te ry na my huis.

Daar aangekom het sy die probleem binne minute uitgesorteer.

Ek was voorwaar beïndruk met die diens.

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za

Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:

 

 Follow us:

    

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button