KYK: Honderde kom saam om hulde te bring aan vermoorde vrou

‘n Somber, stil atmosfeer het geheers terwyl mense saggies gepraat het en probeer sin maak het van die tragedie.

Gesinslede, familie, vriende, belangstellendes en selfs vreemdelinge het Saterdagoggend in groot getalle by ‘n huis in Minnebron opgedaag om hulde te bring aan die vermoorde  Yolandi Botes (35).

Yolandi se ma Ria van Deventer, by wie se huis geleentheid plaasgevind het, het stil onder ‘n gazebo gesit en hartseer gelyk terwyl talle mense hul medelye aan haar betoon het.

ALSO READ:

 VIDEO: Honderde graad eens meld aan vir skool

Twee groot baniere met foto’s van Yolandi het teen ‘n palisade heining gehang en die publiek en geliefdes kon boodskappe op die baniere skryf.

Gesigmaskers met ‘n foto van Yolandi en die woord “Justice for Yolandi” is ook aan almal uitgedeel.

‘n Somber, stil atmosfeer het geheers terwyl mense saggies gepraat het en probeer sin maak het van die tragedie wat die gesin getref het.

Yolandi se liggaam verlede Dinsdag naby die Vaal-vakansieoord by Villiers in die Vrystaat gevind is.

Sy is vir die laaste keer op 26 April by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg gesien toe sy na bewering deur ‘n Uber-bestuurder opgelaai is.

Sy het volgens inligting van die Kaap na OR Tambo. Dit is nou bekend dat sy en haar man, Wietzue in Danabaai gewoon het.

Volgens inligting het twee persone verlede Dinsdag by die Vaal-vakansieoord visgevang toe hulle iets, wat soos ‘n liggaamsdeel gelyk het in die water opgemerk het.

Nadat die polisie ontbied is, is Yolandi se liggaam ontdek en aan ‘n tatoeëermerk uitgeken. Yolandi se suster, Chanel Herbs (31) het Saterdagoggend aan die Herald gesê dat daar baie vrae maar min antwoorde is.

“Ons is gefrustreerd met die wyse waarop die ondersoek verloop en ons sal nie rus tot geregtigheid geseëvier het nie,” het Chanel gesê.

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:

 

 Follow us:     

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version