Local newsNews

Familie se soektog na geliefde eindig tragies

Sy het volgens inligting van die Kaap na OR Tambo gevlieg.

Die 35-jarige vrou wie se liggaam Dinsdag naby die Vaal-vakansieoord in Villiers in die Vrystaat gevind is, se naasbestaandes, wat inwoners van Brakpan is, het sedert haar verdwyning op 26 April onverpoos na haar gesoek.

Yolandi Botes (35) is vir die laaste keer by die OR Tambo Internasionale Lughawe gesien toe sy na bewering deur ’n Uber-bestuurder opgelaai is.

LEES OOK:

Abraham groet sy geliefde skool na 51 jaar

Sy het volgens inligting van die Kaap na OR Tambo gevlieg.

Of sy wel in Brakpan gewoon het, soos in ander media gemeld is, kon nog nie deur die Herald bevestig word nie.

Volgens inligting het twee persone Dinsdag by die vakansieoord visgevang toe hulle iets wat soos ’n liggaamsdeel gelyk het in die water opgemerk het.

Nadat die polisie ontbied is, is Yolandi se liggaam ontdek en aan ’n tatoeëermerk uitgeken.

Have a story?

Contact the newsroom by emailing: Thelma Koorts  (editor) brakpanherald@caxton.co.za or Stacy Slatter (news editor) stacys@caxton.co.za

Remember to visit the Brakpan Herald on the following social media platforms:

 Follow us:

    

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button